Nuus flits - KKNK in Hermanus?

Posted by Geoff on Tue June 3, 2014 in Discovering the Overberg.

Yep, dis reg! Hermanus spog met KKNK hierdie winter!

Kelders, Kaggels en Kalfies is wat jy sal vind as jy ‘n besoek aflè by Hermanus en die Overberg hierdie winter seisoen!

Kelders! Die beste wynplase kan hier gevind word - verken die Hemel en Aaarde / Hermanus Wynroete! Jy sal aangenaam verras word met die wyn wat aangebied is, en die etes wat verhemeltes pas!

Kaggels! Kaggels is aan die brand in restaurante, koffiewinkels, gastehuise, en huise, om jou te knus en warm te hou nadat jy na die walvisse gaan kyk het, of na jou deelname aan een van die vele aktiwiteite beskikbaar in die gebied.

Kalfies! Hermanus is trots op die toekenning vir beste landelikse uitkyk punt vir walvisse in die wêreld (maar jy kan ook die walvisse besigtig per boot, kayak of vliegtuig). Daarom maak dit net sin om te kom kyk na die pragtige Suiderlike-Regse Walvisse. Hierdie massiewe, maar vredeliewende reuse word al vir jare met liefde en bewondering dop gehou, en die beste  ding om te bewaar is die kalfies en hoe hulle leer en baljaar met hulle mama’s in die baai!

Maar dis nie al nie!

Daar is baie meer K’s, en nog vele meer om te doen! Moenie die Overberg feeste wat tussen Junie en November plaasvind misloop nie.

Wat is jou “K” om te doen in Hermanus en die Overberg? Sit joune by!

K staan vir – Kelders, Kaggels, Kalfies, Kuier, Koffie, kaas, kuns, “krafts”, kayaking, kus vlugte,  .......

Kom Kuier beslis want Hermanus, en die Overberg, is 'n diverse bestemming vir alle sesione.

Die oorspronklike KKNKFees, wat volgende jaar plaasvind vanaf 3rde tot 11 April 2015 in Oudsthoorn, moet jy dit nie misloop nie http://kknk.co.za/

blog comments powered by Disqus